“Joh 10:10 The thief comes only in order to steal, kill, and destroy. I have come in order that you might have life---life in all its fullness.” Die laaste ruk beteken die “scripture” vir my baie. Ek het dit vir die eerste keer laasweek op ‘n begrafnis gehoor. Bietjie weird teaching vir ‘n begrafnis, het ek gedink. Maar dit maak toe later vir my heel sin. Wat is “life in it’s fullness”? Is dit om ‘n lang lewe te he waar jy meer as tagtig word, of is om als te he wat jou hart begeer en jy hoef oor niks te worry nie. Dit kan ook wees, maar vir my is “life in its fullness” iets anders, vir my gaan dit nie oor die lengte van my lewe nie en ook nie oor alles wat ek besit nie, maar die feit dat ek God in my lewe het, maak nie saak of ek nou 30 jaar of 80 jaar leef nie. En wat vir my belangrik is, is dit wat ek doen, in hierdie tydperk wat God vir my gegee het op aarde, leef ek so dat ander God se “fullness” sigbaar is. Jesus was net 33 jaar op aarde, waar hy eers in die laaste 3 jaar van sy lewe in bediening gestaan het. Maar dit wat hy in daai kort tydjie gedoen het, terwyl Hy op aarde was, het ‘n legacy wat tot vandag toe strek. Is dit nie ‘n “life in its fullness nie”? Ek wil dan ook so ‘n lewe he. God het my soveel blessings gegee, soveel goed waarmee ek in oorvloed kan lewe. Ek het nou hierdie lewe, so why not live to the extreme? |