Die vakansie is die shizz nizz... Ek vat dinge rustig, wil nie my hart te veel opjaag nie. Die naweek se bedien was heavy lekker vir my gewees, ek het juis giste vir Uncle D gesê, mens kon God se presence voel die naweek. Kyk ek was hond moeg toe Sondag-aand aanbreek, maar dit was alles vir 'n "good-cause"! Gister het ek koek gebak, mmmm lekker chocolate caramel....mmmmm Ek en my beste tjomma, Susan, vang bietjie verlore kuiers op die week, sy bly nou in Joburg...en ooee die troue is nou naby, om die hoek. Ek kan self nie meer wag nie. Die Here is net so goed, en ek weet Hy staan in ide middel van ons vriendskap, partykeer as mense so ver uit mekaar bly, verdwyn 'n vriendskap so stilweg. En as jy weer kuier is dit so half awkard, maar nie die ene nie, ons kuier 'n hond uit 'n bos, asof ons net aangaan waar ons gister gestop het. Ek dank die Here vir my Susan vriendin! Oormore gaan ons plaas toe!!!Yeah, ek kan nie wag nie!!!!!!! 20:15 And he said, Give ear, O Judah, and you people of Jerusalem, and you, King Jehoshaphat: the Lord says to you, Have no fear and do not be troubled on account of this great army; for the fight is not yours but God's. |