Ek was saam met my gesin en familie-vriende vir die naweek weg na 'n Wildplaas in Musina. Die plaas behoort aan een van my pa se vriende, en toe ek en my suster jonger was, hier by vroeë laerskool dae, was ons seker elke 2maande op die plaas. So ons het amper op die plaas groot geword. Toe ons nou ouer word en die lewe maar aanstap, het ons minder na die plaas toe gegaan, sodat ek die naweek vir die eerste keer in 10jaar nou weer daar gekom het. O my word, dit klink weird, maar is dit moontlik dat 'n deel van jou menswees op 'n ple kan wees? Ag dit klink seker crazy, maar vir my is dit so, daar is verseker 'n deel van my op daardie plaas, om elke hoek en draai is daar 'n klein ou dingetjie wat ek onthou, soos die boom voor die huis waaruit ek my vrek geval het. Op die plaas, staan die 3rde grootste kremetart-boom in Afrika, die ding is freakin huge (ek het 'n foto gepost). 7jr terug is die eienaar van die plaas oorlede aan kanker, my pa vertel my die naweek, dat hy die aand toe die oom oorlede is, op die plaas was, hy het die volgende oggend na die groot kremetart toe gery, toe het een van die grootste takke van die boom afgebreek...dis heavy. Ag dit was so lekker om weer met die 4wheelers net tekere kon gaan, ekt die wit waks uit my arme Yamaha gery. Dit was vir my great om op 'n paadjie terug te stap in my lewe, waar ek voorheen was, en die keer het ek geweet God is saam met my. Ek dink nie als wat ek skryf maak sin nie. Maar wat maak dit saak, dis my hart. |