| Job en die Lappop |
|
| |
| Ek moet actaully gaan leer vir my semester toets, but hey...wie wil nou leer as jy kan blog, hehehe! Grappie..ek sal nou weer myself weer gaan moor agter die boeke. Vanaand was die eerste Job-oefening, okay, Job is die musiek-blyspel wat die kerk (NG Moreleta Park) hou die jaar, en dit was fantasties lekker... ons sing lekker, dans lekker en het 'n fees, maar ek besef wel dat daar iets dieper aan Job steek as net die jokes en ure se oefening, God wil regtig kom werk deur Job, ek voel Hy gaan nie net die audience aanraak nie, maar wel die hele cast. Ekt net die feeling in my wese dat elke persoon op die perfekte plek ge"cast" is vir die ding, want Hy wil jou daar kom ontmoet waar jy is. Ek weet hoekom ek is waar ek is, en ekt dit vanaand weer besef, ek gaan elke oomblik geniet. Ekt soveel woorde in my mind oor die blyspel, maar ek vind dit vrek moeilik om te verwoord, ek voel net iets GROOT is aan die kom. Ek wat 'n artist is, is so opgewonde in my siel oor die wat in die kunste ook gaan gebeur. Ag weet nie, ek net happy en baie opgewonde! |
|