| Apostoliese Geloofsbelydenis |
|
| |
Die volgend stuk in die Apostoliese Geloofsbelydenis het my nogal gepla: "wat gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het"
Die rede daarvoor was omdat dit nêrens pertinent in die Bybel staan wat Jesus gemaak het gedurende daardie 3 dae wat sy liggaam in die graf was.
Na so bietjie navorsing het ek tot die volgende gevolgtrekking gekom:
Christene glo dat Jesus die straf vir ons sondes op hom geneem het. Die regverdige straf vir die sonde is nie net die liggaamlike dood nie, maar ook die ewige of helse dood. 6:23 For the wages of sin is death; but the free gift of God is eternal life in Christ Jesus our Lord.
God is almagtig en het die ewige dood oorwin, aan Hom al die lof en eer. |
|