Lyttelton-Oos Gemeente
Fred Schoeman
Fred Schoeman  Dave de Bruin se suster oorlede
Dave de Bruin se suster is oorlede. Die begrafnis is Maandag in Kimberley en hy en Lyn sal waarskynlik Sondag deurry.  Bid asb vir troos en veilige reis asook al die reëlings wat getref moet word.
  Comment
Fred Schoeman
Fred Schoeman  Oom Joz Joubert oorlede
Haai almal.  Slegte nuus:  oom Joz Joubert is gisteraand oorlede.  Hy het onlangs 'n operasie ondergaan maar ek weet nie spesifiek wat die oorsaak was nie.  Bid 'seblief vir Elize, sy dogter, en sy seuns (een in Nieu Seeland.)
  Comment
Fred Schoeman
Fred Schoeman  Christa Saunders - operasie
Christa Saunders herstel tans na 'n heupvervanging opersasie gister.  Sy in in Unitas hospitaal.
  Comment
Fred Schoeman
Fred Schoeman  Vincent se pa - begrafnis
Vincent se pa se begrafnis is vandag - dra Vincent en Alta en die kinders asb vandag spesiaal aan die Here op.
  Comment
Fred Schoeman
Fred Schoeman  Vincent se pa oorlede
Vincent van Wyk se pa, wat die afgelope tyd baie siek was, is gisteroggend oorlede. Dra asseblief hom en Alta en hulle kinders op aan die Here.
  Comment
Fred Schoeman
Fred Schoeman  Vincent se pa - nuutste
Vincent sê dat dit heelwet beter gaan met sy pa maar dat hy nog nie buite gevaar is nie.  Voorbidding word steeds gevra.
  Comment
Fred Schoeman
Fred Schoeman  Eranda se ma beter
Goeie nuus:  Eranda Kock se ma se gesondheid het sodanig verbeter dat sy vanoggend ontslaan is.  Baie dankie vir julle gebede.
  Comment
Fred Schoeman
Fred Schoeman  Bid vir Eranda se ma
Die volgende sms is gister van Eranda ontvang:  "My ma is vanmiddag opgeneem.  My pa sê dit lyk baie sleg: bloedklont deur die hart en long."
  Comment
Fred Schoeman
Fred Schoeman  Vincent van Wyk se pa - terugvoer
Vir die nuutste oor Vincent se pa gaan die gemeente se blog toe.
  Comment
Fred Schoeman
Fred Schoeman  Matlala uitreik - terugvoer
Die volgende sms boodskap is van die Matlala span ontvang:  "Loof die Here vir veilige terugkoms van die span.  Uitreik baie geseënd.  Een voertuig se waterpomp het gebreek en het gevolglik oorverhit.  Bid vir herstel."
  Comment
1 to 10 of 14  1 2Next