Lyttelton-Oos Gemeente
 
Address: h/v Van Riebeeck & Molteno (Langs Waterkloof LMB), Lyttelton Centurion, Gauteng, ZA 
Denomination: Not listed
Website: www.lytteltonoos.org.za
Service Times: Sondae 09:00 (tradisioneel), 10:30 (alternatief) en 17:30 (Jeug) [Kindereredienste om 09:00 vir Voorskools, Gr 1-3 en Gr 4-6]
Members: 11


 Edit church info

Dankie dat jy by ons 'n draai maak! Lyttelton-Oos is 'n klein gemeente met 'n groot hart en 'n groot droom.

Ons roeping is om dissipels te wees wat vrugte dra deur ander te begelei tot'n lewe in oorvloed. 'n Lewe in oorvloed is 'n lewe van liefde, vreugde en vrede wat voortspruit uit gesonde verhoudings met God, mekaar en ander. Hierdie drie verhoudings word gevoed en gesond gehou deur in elke verhouding die waardes van genade, gemeenskap, gebed, groei en gehoorsaamheid in te bou.

Die droom wat die Here vir ons gegee het, het min te doen met groter getalle, geboue of meer geld, maar baie te doen met die koms van God se koninkryk op aarde. Ons droom van mense wat God se genade deel maak van hulle lewe, van mense wat in gemeenskap met mekaar leef, van mense wat deur gebed in kontak met God leef, van mense wat persoonlike en geestelik groei en van mense wat bereid is om hulleself in gehoorsaamheid aan God te gee ter wille van die koms van sy koninkryk op aarde. Mense wat só leef, leef 'n lewe in oorvloed.

Members    more
 
Sandra
Kruge
Fred
Nico
Frik Strydom
Elta
Alta v Wyk
Carine
Faan Buys
Joker
 
What I love about this church...    more
 
Fred
Fred says ...
Baie welkom, Sandra. Lekker om jou hier te hê!
Fred
Fred says ...

Haai almal

Gaan lees gerus Kruge se blog - hy stel 'n baie interessante probleem aan die orde - sal graag julle kommentaar wil hoor!

Elta
Elta says ...
Lyk my ek is nou op die regte spoor??
Fred
Fred says ...

Baie welkom Elta! Gaan sluit nou aan by die gebedsgroep ...

 

Fred
Fred says ...

Welkom Carine! Ek is bly jy is hier.

Freddie

Joker
Joker says ...

Dag Freddie.

 

Dankie vir die verwelkoming, dit word waardeer. So n bietjie raai sal dalk goed wees. Miskien sal die mense in die kerk begin rondkyk om te sien wie lyk soos n "Joker" Ek verseker jou julle almal ken of weet van my. Ek moet saamstem dat die dagstukkies welkom is en goeie voedsel vir die siel is. Die uur op n Sondag is nie altyd genoeg om alles aan te raak nie. Sal alles probeer om vanaand se diens by te woon. Groete ook aan die ander vriende op die gesels groep.

 

Vrede vir julle almal

Fred
Fred says ...

Welkom Joker!  Maar ek ongelukkig geen idee wie jy is nie ...

Seën!

Freddie

Joker
Joker says ...
Ja well no fine. Hoe sal n engelse boer nou anders inskakel by mede gelowiges as deur sy hand uit te steek. Indien ek die taal so n ietwat verkeerd gebruik vergewe my maar. Ek en my vrou is beide gelowige mense en skakel by ons kerk se aksies in waar moontlik. Sy im meer engels as ek (die boer) maar net so gelowig. Ek sluit nie n foto in nie want geen kamera kon nog die nie breek aksie oorleef om my te fotografeer nie. Skryf maar en deel items en ek sal my bes doen om julle te antwoord en my items te deel met julle. Groete in goeie geloof
Fred
Fred says ...

Welkom Alta! Ek het nogal gedink jy gaan een van die eerstes wees ...  Sal bietjie werk aan die dagstukkie-idee.

Freddie

Alta v Wyk
Alta v Wyk says ...
Hallo Fredie. Oulike idee hierdie. Dankie vir dagstukkies - wonderlik so elke dag. Dalk iets wat meer gereeld kan gebeur ? Alta
 
Are you a member?