Pitstop
Pitstop is 'n nie-denominasionele kerk! Ons is 'n gemeente wat begin en eindig met Christus! Ons bied 'n geleentheid vir alternatiewe aanbidding en die uitlewing van ons opdrag deur Jesus!
(Mat 28:19):'Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige gees. Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek julle opgedra het.
Misie:
Na aanleiding van (Mat 28:19) - Om 'n opregte en noemenswaardige verhouding te bewerkstellig in ons gemeentskap met Christus. Met die wete dat alles wat ons aanpak gaan vir God se glorie!
Visie: Om (Joh 3:16) :" sodat elkeen wat in hom glo, nie verlore mag gaan nie,maar die ewige lewe mag hê." uit te leef deur die woord en Jesus Christus ons verlosser!
Hoe pas ons dit toe?
Deur saam te bid en die Woord te bestudeer.
Na God se stem te luister.
Sy eer altyd eerste te stel.
Om in 'n opregte, persoonlike en aansteeklike verhouding met God te staan!
God se gebooie na te kom uit dankbaarheid en onderleiding van die Heilige Gees!
Koinonia
Groete Werner Smit